Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Knap jou kunskennis op!
'n Handboek vir die onderrig van kuns aan die sekondêre skool, maar ook 'n deeglike basiese oorsig oor kunsgeskiedenis vir elkeen wat sy kunskennis wil opknap. Dit begin met 'n inleiding oor kuns in die vroegste tyd, vanaf die Steenperiode, opgevolg deur hoofstukke oor die Egiptiese Kuns; Griekse of Helleense Kuns; Romeinse Kuns; Vroeg-Christelike Kuns tot en met die Gotiek; die Renaissance in Italië; Vlaamse en Hollandse Skilderkuns; Duitse Skilderkuns; Spaanse Skilderkuns; Engelse Skilderkuns; Impressioniste en Post-Impressioniste; Kuns van die Twintigste Eeu; Argitektuur van die Twintigste Eeu; en vier hoofstukke oor Kuns in Suid-Afrika. Met talle swart-en-wit foto's, tekeninge en enkele kleurfoto's.
Eerste uitgawe in 1964. Hierdie boek is die eerste druk van die tweede uitgawe van 1973 gepubliseer deur Voortrekkerpers, Johannesburg. Toestand: Goed. Ligte potloodonderstrepings. Stempel van boekhandelaar op skutblad. Vorige eienaar se naam uitgekrap met swart kokipen. Eerste en laaste blaaie het bruin vlekkies. Omslag en stofjas in goeie toestand en beskerm deur plastiekomhulsel