Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Elsa Drotsky
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie Goed
Carmia Bojee is 'n verpleegsuster wat die bejaarde Josef Malan, of oom Jofie soos almal hom noem, help versorg. Hulle woon in 'n weelderige meenthuiskompleks, Die Hamerkopnes. Een oggend gaan draf sy soos gewoonlik en toe sy byna by die hek van die kompleks is, loop 'n spelerige, silwergrys poolhond haar onderstebo. Sy baklei sommer onmiddellik met die man wat die hond se leiband nie betyds aangesit het nie. Later hoor sy by oom Jofie dat sy naam Stefan Louw is. Volgens oom Jofie is hy een van die knapste offisiere in die polisiediens. Sy ontmoet hom weer toe hy saam met oom Jofie aan sy stokperdjie - die naboots van oorlogmaneuvers met modelsoldaatjies - kom werk. Hulle maak vrede en word vriende.
Carmia besef gou dat hy eintlik baie oulik is, maar toe daag Deirdre, die meisie wat Stefan matriekafskeid toe daar op. Carmia geneem het en wat die gewildste meisie op skool was, is oortuig daarvan dat dit nou neusie verby is wat hom betref, want hoe kan sy met die popmooie Deirdre meeding?
In meenthuis nommer 2 woon Adolf en Biddie Schöltz. Adolf skep die indruk van 'n gemoedelike man, maar Biddie, haar pa, oom Jofie en Phineas, die tuinier, weet van beter. Hulle het almal al onder sy skerp tong deurgeloop en weet dat hy eintlik 'n bullebak is.
Toe word een van die inwoners vermoor. Almal word ondervra, en allerlei interessante gegewens uit hulle verledes word openbaar gemaak.