| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
"Is this the beginning of bloodshed, or the end?" So het die Pretoria News berig oor die dramatiese gebeure op Vrydag 11 Maart 1994, toe chaos in Mmabatho losgebars het wat skokgolwe deur die wêreld gestuur het. De Wet Potgieter vertel in hierdie openbarende boek van talle onderhoude met die destydse leiers van die Boere Krisis Aksie (BKA) en die Afrikaner Vryheidsfront (AVF), wat aan die voorpunt van regse verset teen De Klerk se hervormingsplanne was. Hierdie organisasies is oortuig dat hulle die geleentheid tot ordelike burgerlike verset ontneem is en dat die Nasionale Party die AWB gebruik het om die regse vleuel van die Afrikanervolk so negatief moontlik te laat lyk.
