Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
LAAT DIE SPLINTERS SPAT - ANDéLL KRUGER
'n Handleiding in Houtsnywerk.
Andéll KRUGER is 'n bekende in houtsnywerkkringe: veral as leermeester wat haar liefde vir hout en houtsnywerk oorgedra het aan al die leerlinge wat deur die jare by haar klas geloop het, en as bestuurlid van die Transvaalse Houtsnyersgilde, Pronkstukke wat sy ontwerp en gekerf het, pryk in vele huise, skole en geboue. LAAT DIE SLINTERS SPAT, haar eerste boek oor houtsnywerk, is 'n handleiding wat beginners sal lei om 'n houtsnyer van formaat te word, maar ook ervare houtsnyers sal hierin pitkos kry. Benewens 'n bespreking van houtsoorte, houtsnygereedkap, al die houtsnytegnieke en die afwerking van 'n artikel, bevat die boek ook 'n rits basiese oefeninge wat die houtsnyer handvaardig sal maak met al die beitels. Die grootste bonus is egter die laaste hoofstuk waarin stap vir stap verduidelik word hoe vyftien pragtige artikels gekerf kan word. Die patrone vir tien van hierdie artikels word op los bladsye agterin die boek verskaf.
LAAT DIE SPLINTERS SPAT beloof om 'n aanwins te wees vie voornemde en ervare houtsnyers.