Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Ou skoolhandboek - potlood aantekeninge
Hardeband - goeie toestand
1963 - 12de druk
In 1942 is Die Hertzogprys vir Laat vrugte aan CM van den Heever toegeken.
"Hoofstuk I
DIE perde trap verskrik en senuweeagtig oor die misblad van die groot klipkraal rond;
hulle neusgate is wyd oop van die opwinding en die bene span sterk en styf bo die
pote, wat gaan staan, weer voortkletter, blink strepe maak oor die mis en nou en dan
skop dat 'n dowwe hou teen sagte perdevleis gehoor word. Henning kom versigtig
nader met die vangstok. Aan weerskante van hom keer die kaffers opgewonde dat
die perde nie moet verby bars nie. Hulle gooi hulle hande omhoog en skreeu
bobbejaanagtig sodat die diere, gewoon aan die vryheid van die veld, terugsteier teen
die muur en saggies bewe van skrik en opgejaagdheid. Nader en nader loop Henning
met stadige meet-treë, die vangstok skuins langs hom uit, sy oë vas in dié van die
vurige, agterdogtige glansing van die vosbles, wat sy kop hoog oplig, vorstelik,
uitdagend, terwyl die vel van sy atletiese, gladde lyf bewerig ruk.
‘Kaffers, as die perde hierdie keer weer verby bars, draai ek julle nek om,’ waarsku
Henning, al senuweeagtig van die gesukkel, dreigend deur sy tande."
Christiaan Maurits van den Heever, was wêreldwyd beter bekend as C. M. van den Heever was gebore op 27 Februarie 1902 in ‘n konsentrasiekamp, by Norvalspont op die grens van die Noord Kaap- en Vrystaat provinsies, naby die Gariepdam (Suid-Afrika). Hy het sy kinderdae op 'n plaas in die Vrystaat deurgebring en diepe omgang gehad met veld en dier. Hierdie invloed het hom nooit verlaat nie, selfs al was hy die meeste van sy latere jare in stede woonagtig, kan daar van hom gesê word dat hy was in die stad, maar nie van die stad nie. Dit was dan ook die kontras tussen stad en platteland wat hom veral geboei het. In sy eerste romans skilder hy die degenerasie van die boer wat na die stad trek - ons vind dit in werke soos Op die plaas, Droogte, Langs die grootpad en Groei.
Hy het gestudeer aan die Universiteit van Vrystaat, asook aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Na sy terugkeer het hy weer ‘n pos by die Vrystaatse Universiteit, in Bloemfontein, gekry. Na die voltooiing van verhandeling, oor die digter Totius, het hy ‘n pos by die Universiteit van die Witwatersrand aanvaar.
Hy was die eerste Afrikaanse professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die duur van sy aanstelling (1933-1957) het hy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuurlewe in Johannesburg en in die vertolking van gebeure en ontwikkelinge in die literatuur en in die kultuurpolitiek gespeel. Hy was 'n toegewyde ondersteuner van noue kultuurbande tussen Nederland, Vlaandere en die Afrikaanse wêreld. Hy was 'n sterk ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog se beleid van versoening tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en 'n kritikus van die kultuurpolitiek van sommige leidende Suid-Afrikaners van sy tyd, Afrikaans- én Engelssprekend. Hy word oor die algemeen as die eerste Dertiger beskou, hoewel sy latere ontwikkeling nie tipies van die Dertigers is nie. In sommige van sy kultuurbeskouinge was hy 'n voorloper van N.P. van Wyk Louw, veral oor die rol van Afrikaanse intellektueles, oor die belangrikheid van kritiese denke en ten opsigte van sy pleidooie vir 'n liberale Afrikanernasionalisme.
Hy het veral bekendheid verwerf vir sy verhale Somer (in Engels, Vlaams en Duits vertaal) en Laat vrugte. In 1942 is Die Hertzogprys dan ook vir Laat vrugte aan hom toegeken.