Skrywer: Bernette Bergenthuin
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Soos Nuut
Amie se lewe is perfek. Haar slaapkamervenster kyk uit oor Tafelbaai. Haar hare lyk beter as Jennifer Aniston sn in Friends en sy is n prokureur by dié prokureursfirma in die Kaap, Vosloo, Vosloo en Vosloo Ingelyf. Dalk nog nie assosiaat nie, maar dit sal kom.
Om die kroon te span is die gesogte vrygesel, Gerhard Vosloo, haar kêrel. Hulle is nog nie verloof nie, want Gerhard het commitment-issues. Maar dit sal oorwaai sodra hy besef hy voel dieselfde oor haar as sy oor hom. Toe Amie egter besef dat Gerhard geen planne met haar het nie, bedank sy summier, klim in haar rooi Mini Cooper en jaag terug huis toe. Met haar eksvoorbladmodelma wat oor haar skouer loer, haar pa wat matchmaker speel en die skeefste paartjie in die Vrystaat as haar voice of reason, oorweeg sy haar opsies.
Sy kan n gerehabiliteerde non word, n raadvratannie by die Rosestad Nuus of sy kan betrokke raak by n winkel wat ondeunde speelgoed verkoop in n dorp waar die Vierkleur nog plek-plek wapper. En iewers in die agtergrond skuil daar n baie bedonnerde wolf in n donker suit wat haar verdink van allerhande onheilighede. Die blote gedagte dryf haar na Woolies se lemon swirl cheesecake.
Maar die kaaskoek is vir eers veilig, want skielik is Gerhard op sy een knie voor haar. En dit kan net een ding beteken.