Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Wanneer Lana haar hondjie Rakker noem, weet sy nog nie hoe woelig en stout hy is nie ...
Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke - en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker by die feesmark te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvaderhoed gaan hy beslis hope harte steel. Maar Lana het nog een wens: 'n regte egte winterkersfees. Sal sy haar gesin kan oortuig om Kersfees in Julie te vier?
Sagteband
56 bladsye