Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In hierdie lank verwagte vierde bundel kortverhale word vistas met diere telkens geplaas teenoor 'n komplekse emosionele landskap: in die kamer van 'n meisie wat wag op die terugkoms van haar pa hang die reuk van 'n likkewaan; 'n emosioneel verguisde man hurk met sy rewolwer by 'n hond in die pad. Figure doem op uit herkenbare sosiale en politieke landskappe sodat 'n beeld van die Suid-Afrikaanse samelewing gevorm word, maar deurentyd met die skrywer se vingers op die polsslag van gevoel.