This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by Blue House Books2388

Similar products

Langsaan Die Vuur - Vyf Lewensverhale deur AHM Scholtz
Sold

Langsaan Die Vuur - Vyf Lewensverhale deur AHM Scholtz

Secondhand 1 was available
R90.00
Shipping
Free shipping is available from Blue House Books for all orders above R650.00, using one of our trusted couriers.
Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 7 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Bob Shop ID
281509959

Langsaan Die Vuur - Vyf Lewensverhale

deur AHM Scholtz

1996 Soft cover

'n Reeks van vyf boeiende vertellings oor die lewens van vyf Suid-Afrikaners: Kasper Crudop, Ethel Boonzaaier, Seele Moagi, Muriel Grow en Kwela Modise. Die eerste verhaal van 'n Kaapse seun met 'n Oosterse slawe-ma en wit boer as pa begin in 1695; die laaste oor 'n Noord-Kaapse vryheidsvegter uit Mafikeng eindig in 1982. Die ander drie verhale speel almal in hierdie eeu af, en soos prof. Ampie Coetzee van UWK opmerk, eintlik is die verhale 'n voorsetting van die "lewendagge verhaal van 'n tyd wat nie meer is nie" wat Scholtz in Vatmaar begin het.

Die verhale oor Ethel, uit Kimberley se wêreld, en Seele, uit die Mafikeng-omgewing, gaan oor mense wat swaarkry - een tree triomfantlik uit die stryd, die ander gaan daaraan ten gronde; die verhaal oor Muriel vertel van 'n jong bruin vrou wat uit die Karoo Johannesburg toe verhuis, waar sy as wit aangesien word en aanvanklik so aanvaar word. Hoewel dit heeltemal losstaande verhale is, vertel die vyf stories saam die verhaal van wat die skrywer "die agteruit van gister" noem.

"Die boek van 'n aartsverteller dik van stories wat brand om vertel te word, vernaam nou dat hy liksens het om hulle te vertel in die taal waarin hulle die tuisste voel Talle voorbeelde van 'n lakonieke lewenswysheid en 'n aardse, streetwise kennis van die ou mensdom deurspek die vertellings Aangrypend." sê Rykie van Reenen in Insig. En Ampie Coetzee sê voorts: "Hier is n meesterverteller wat al sy karakters aan die praat kry: direk, pittig, komies, hartseer, sentimenteel. Soos gewone mense praat." En verder:

"Dis stories wat in geen ander taal as Afrikaans so ryk, so vol patos kan wees nie'n Boek om jou vuur brandend te hou." Lizette Rabe, Sarie "Die boek het my groot plesier verskaf en ek kan dit sonder voorbehoud aanbeveel." Madeleine van Biljon A H M Scholtz het geen bekendstelling nodig nie. Sy Vatmaar is met die M-Net Boekeprys, die Eugène Marais-prys en die CNA-debuutprys bekroon, en in verskeie tale vertaal.

Dit is n besondere prestasie, want die skrywer het net tot in standerd 5 skoolgegaan in die Beaconsfield Coloured School te Kimberley, waar hy gebore is en grootgeword het. In sy jonger jare was hy skrynwerker en bouer, en vandag woon hy saam met sy familie op Mafikeng, waar hy elke vrye oomblik benut om te skryf, want sê hy, die tyd raak min.