Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Heinz G. Konsalik
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Goed
Die Duitse volkekundige dr. Hans Rathenow is die eerste Westerling wat toegelaat word om die onherbergsame platteland van China te besoek. As skrywer van reisverhale en kenner van die ryk Chinese kultuur is dit vir hom die kans van 'n leeftyd. Begelei deur sy beeldskone reisgids, die vyf-en twintigjarige Wang Lijoen, betree hy die sprokiesagtige wêreld van die Naksi's en die Bai's, en niksvermoedend ook die terrein van 'n ander, versweë Chinese subkultuur, die gevreesde Triade.
Soos 'n skaduwee agtervolg Sjen Jiafoe se handlangers die volkekundige en sy reisgids eers na die drie tempels van Dali, die sneeuberge van Lidsjiang, en dan na die afgeleë gebiede van die Ji en die Mosoeo langs die romantiese Loegoe-meer. En soos die dae oorgaan in weke, grynslag Sjen Jiafoe en die Gao Lao in Hongkong al hoe breër. Alles verloop volgens plan.
Rathenow word betower deur Lijoen se amandelvormige bruin oë en haar skugter glimlag, maar hul groot ouderdomsverskil weerhou hom daarvan om sy liefde aan die klein Chinesie te verklaar. Min weet hy dat iemand reeds sy Achilles-hak ontdek het. Lijoen word sy geluk en ongeluk. Om haar te beskerm moet hy die swaard opneem, 'n hoenderhaan se kop afkap en só lid word van die Triade, 'n geheime broederskap van gewetenlose misdadigers wat regoor die wêreld strek. Weier hy, word Lijoen gestraf en skenk die Chinese Mafia hom 'n vingerlit, 'n fraai klein oortjie, of dalk 'n spits neusie ...
Daar is geen uitkomkans nie. Die Triade vereis onvoorwaardelike gehoorsaamheid en hy, Hans Rathenow, het Wang Lijoen lief.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.