R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 14 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoerotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling Kuns word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin. Die afdeling Skrywers en individuele werke is 'n kort historiese oorsig van die hantering van homoseksualiteit in literatuur. Skrywers soos Stephen Spender, C. Louis Leipoldt, Christopher Isherwood en Edmund White word belig en daar word aandag gegee aan gay stereotipes soos die cowboy in die kortverhaal Brokeback Mountain. In Bloemlesings gee Aucamp onder andere 'n hipotetiese keur van gay verhale. Die laaste afdeling, Egodokumente, bespreek beroemde mense se dagboeke en daar word afskeid geneem van Lucas Malan.