R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Lente in Beijing is 'n liefdesverhaal wat in 1999 in China afspeel: Gerhard is 31, hy pak halsoorkop 'n koffer en gaan werk in die Ooste. Maar dit is sy liefdesverhaal wat hier sentraal staan: Gerhard se uitreik na ander mans, en uiteindelik na een man. Alhoewel die 'uitvlug' uit 'n eie land polities van aard is, verteenwoordig dit ook die opstand teen die patriargie wat ter sprake is. Herinneringe aan sy kinderjare in Pretoria en Stellenbosch, sy verhouding met sy pa wat 'n afgetrede brigadier is, en sy gestorwe broer belig opnuut die tema van manlikheid. Maar in China bly Gerhard steeds 'die vreemde duiwel', is hy 'n buitestaander en raak hy nooit volkome tuis in sy nuwe land nie. Moontlik vanwee die politieke onverdraagsaamheid wat ook in China realiteit geword het, en soveel ooreenstemming vertoon met die land van sy herkoms.