Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Ses van die agt boeke in die gewilde Fritz Deelman-reeks van Leon Rousseau. Almal is van die tweede uitgawe van die 1970's met stofomslae. Twee is eks-biblioteekboeke maar die ander vier wissel van baie goeie tot uitstekende toestand. Sien die gedetailleerde beskrywings en foto's hieronder.
POSGELD wat bygevoeg moet word: R55 met die SA Poskantoor of R100 met Postnet (tak-tot-tak). Laasgenoemde is veiliger en vinniger. Ek probeer om binne 48-72 uur na betaling die pakkie te pos.
1. FRITZ DEELMAN EN DIE DIEPSEE-DUIKBOL (2de uitgawe, 2de druk, 1976)
Boek in uitstekende toestand - stewig gebind en skoon binne. 'n Stempel ('Tafelberg-uitgewers Herdruk-eksemplaar') op eerste binneblad, baie geringe rakskaafplekkies onder. Stofomslag goed in beskermde plastiekbinding met sonverbleking op die rug en 'n klein watervlekkie. Maar omslag baie goed vir 'n boek van die ouderdom.
2. FRITZ DEELMAN EN DIE SKEPE VAN MARS (2de uitgawe, 2de druk, 1977)
Boek in baie goeie toestand - intern skoon en stewig gebind behalwe vir een kanterne wat loskom, maar nie ernstig nie. Geen stempels of inskripsies nie. Rakskaafplekkies onder. Stofomslag in beskermde plastiekbinding met sonverbleking op die rug en 'n paar watervlekkies. Klein stukkies (1-2cm) van die stofomslag bo en onder aan die rug is verlore.
3. FRITS DEELMAN EN DIE SUIDPOOLBENDE (2de uitgawe, 1ste druk, 1972)
Boek in baie goeie toestand - intern skoon en stewig gebind behalwe vir een kanterne wat loskom maar nie so dat dit sal uitval nie. Die eerste binneblad is vasgeplak met gom - skynbaar om 'n vorige eienaar se naam en 'n inskripsie te verberg. Die agterste binneblad toon geringe tekens van eertydse kleeflint. Die stofomslag is in uitstekende toestand -duidelik was die boek eens toegedraai om dit te beskerm.
4. FRITZ DEELMAN EN DIE ONDERSESE MYN (2de uitgawe, 1ste druk, 1974)
Boek in goeie toestand - stewig gebind en redelik skoon binne maar met 'n paar roesmerkies en vuil kolle hier en daar. Duidelik 'n boek wat 'n paar keer gelees is! Waterskade aan die eerste binneblad. Stofomslag in taamlik swak toestand - die skutblaaie is afgeskeur en die grootste deel van die rugkant is weg. Die omslag is met kleeflint aan die boek vasgeplak. Nie 'n aantreklike eksemplaar nie maar 'n goeie leeskopie.
5. FRITZ DEELMAN EN DIE GORI LAMA (2de uitgawe, 1ste druk, 1972)
Boek in goeie toestand al was dit eks-bib. Stewig gebind maar met 'n paar vuil kolle. Stempels op binneblad en titelblad en tekens van eertydse kleeflint. Die ou biblioteeksakkies ens. is uitgeskeur. Stofomslag in redelike toestand maar met 'n paar skeurtjies en vismotskade op die rugkant, asook die gewone biblioteekplakker.
6. FRITZ DEELMAN EN DIE WOESTYNROWERS (2de uitgawe, 2de druk, 1977)
Boek in baie goeie toestand vir eks-bib boek - stewig gebind al is een kanterne ietwat los. Feitlik geen kolle of vlekke - dit is nie 'n veel geleesde eksemplaar nie. Die gewone biblioteekparafernalia (stempels, plakkers, sakkie ens) op die binneblad en onder die kolofon. Stofomslag in baie goeie toestand in dik plastiek - al wat pla, is die gewone biblioteekplakker op die rugkant en baie geringe skade bo en onder aan die rugkant van die omslag.