Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Elsa Winckler
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Tussen jazz en rock:
Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na 'n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe 'n verhouding tussen hulle kan werk nie.
Anderkant liefhê:
Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in 'n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar 'n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie 'n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.
Sonder bagasie:
Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is 'n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het 'n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel 'n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.