Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
ISBN: 9781920479893
Author/s: Gail Brown, Jacqui Holmes, ISBN: 978-1-920479-89-3 Format: Softcover Pages: 144 Dimensions: 260 x 193 mm Publication Date: 2013
Hierdie ryklik geïllustreerde boek oor loodglas dek alles wat jy moet weet om hierdie eeue oue handwerkvorm te beoefen. Die inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreëls, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina. Die wye reeks projekte – in tradisionele en kontemporêre style – sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieëls en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geïllustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-fotoís om die grondslag neer te lê vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek – hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is – beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit. Met die puik kleurfoto’s van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto’s uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek ín móét vir elke handwerker.
Click on the below logo to see more of our products.
No extra delivery charges for additional items (up to 15kg). If you are looking for a specific item & we do not have it listed yet - please contact us and we will gladly add the item to BidOrBuy. We stock thousands of art and craft products.