Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk mooi van buite af MAAR binne is daar pen notas op 'n paar - 1967. >>> Die algemene kultuurpeil van n moderne volk word grotendeels gemeet aan die prosa wat binne hom geskryf, geniet, gewaardeer, geduld en selfs toegelaat word, sê NP van Wyk Louw in Vernuwing in die prosa (1961). Die prosa weerspieël meer die algemene peil van die beskawing van n groep as die poësie en het groter vormende krag om die algemene beskawingspeil te verhoog of af te druk. - Hierdie boek het baie beteken vir n nuwe geslag skrywers, die Sestigers: Chris Barnard, Breyten Breytenbach, André P Brink, Abraham H de Vries, Etienne Leroux, Jan Rabie, Adam Small, Bartho Smit, Dolf van Niekerk. Leroux het verklaar: Ek dink as Van Wyk Louw daardie boek nie geskryf het nie, dan het die Sestigerbeweging miskien nie ontstaan nie. Louw het vernuwende prosa verdedig en so verseker dat die publiek die Sestigers gou aanvaar het.