Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog omtrent nuut en ongelees. >>> A radio play which I, Roza, had as a setwork for Matric Afrikaans almost 60 years ago. >>> Bestaan uit vyf tonele waarin Dias se tog om die Kaap op pad na Indië, sy gedwonge terugtog na Portugal en sy dood twaalf jaar later gedramatiseer word. Dias se ontdekkingstog in die laaste kwart van die vyftiende eeu is n poging om die grense van die bekende wêreld te verskuif deur n seeroete na Indië te vind, n taak wat hy aanpak in die volle vertroue dat dit n Godgegewe taak is en hy n uitverkorene. Die drang om die eerste mens te word wat die onbekende bereik word in die eerste toneel uitgebeeld. Dias se vertroue wankel wanneer hulle in die tweede toneel in n storm beland en dit lyk of hulle kan vergaan, maar hierdie vertroue keer terug in al sy eersugtigheid wanneer die storm bedaar en hy vind dat hulle om die suidpunt van Afrika geseil het, verder as enigeen vantevore. Die derde toneel is die hoogtepunt van hierdie hoorspel. Noudat die seevaarders die mylpaal van die suidpunt van Afrika bereik het, voel die manskappe dat hulle die doel van hulle vaart bereik het en dat hulle nou eerder moet omdraai, omdat die onbekende en waarskynlik die dood op hulle wag as hulle verder sou gaan. Dias oorreed hulle om slegs drie dae verder te vaar, in die vaste geloof dat hulle in hierdie tyd n teken sal kry van God se guns. Sy oormoed bring hom nou in botsing met God. God stuur eindelik vir hom die teken waarna hy gesoek het, maar dit is n storm waartydens sy boot en bemanning vernietig word en hy gedwing word tot persoonlike suiwering. Dias besef dat hy nie vir die vaart bestem was nie, dat God oor Sy eie tyd beskik en nie van hóm die werk wou hê nie. Die slottoneel speel twaalf jaar na sy ervarings op die ontdekkingstog af, ná die groot ontdekkings van Christopher Columbus en Vasco da Gama. Dias is nou n vergete skeepskaptein in die vloot van Cabral. Hy besef nou dat nie alleen die tyd teen hom was nie, maar ook iets binne hom wat hom ongeskik gemaak het vir hierdie groot taak. (Wiki)