Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Gedurende die Rebellie van 1914-1915 vind een van die merkwaardigste episodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas; genl. Jan Kemp en sy Rebelle kommando van 600 man se uitmergelende tog deur die Kalahariwoestyn. Die tog, wat op 2 November 1914 begin het, sou haas onbeskryflike eise aan mens en dier stel. Aanvanklik trek die Rebelle te perd, maar later moes 'n groot deel van die kommando te voet verder beweeg. Na 700km bereik hulle op 29 November die Duitswes-Afrika grens by Nakop, raak by Nous, Lutsputs en Upington met die regeringsmagte slaags en moet uiteindelik op 3 Februarie by Upington oorgee. In hierdie publikasie word onontginde bronne benut vir die volledigste beskrywing van Kemp se woestyntog tot dusver. Dagboeke, herinneringe en onderhoude oor die gebeure wat vir die eerste maal hier gepubliseer word, bied 'n besonder persoonlike blik op die tog.
Protea Boekhuis 2006
Hardeband, Tweedehands, 363 bladsye