R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 5 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Met die begin van die nuwe skoolkwartaal gaan die veertienjarige Klarette Prinsloo vir die eerste keer Maasdorp toe. Sy en haar sussie, Leonie, is jare gelede wees gelaat toe hul ouers gesterf het, maar hul voog, meneer Viljoen, dring nou daarop aan dat Klarette Maasdorp toe gaan ten spyte daarvan dat die Prinsloo-kinders nie finansieel beskik oor dit wat die tipiese Maasdorper uit 'n welgestelde huis het nie. Tog word Klarette ingetrek in die kring van Teda Voster en haar maats, en hulle nooi haar om deel te word van die redaksie van die skoolblad wat hulle beplan. Maar Jessamie de Villiers en die Renton-tweeling het ook planne om 'n skoolblad te publiseer! Gou is daar woeste wedywering in die lug, maar dinge word baie ingewikkeld toe 'n na-ywerige meisie Klarette vals beskuldig en allerhande gerugte oor haar pa se testament die ronde begin doen.