| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Hertzogprys-Wenner Met Magersfontein, O Magersfontein! verbreek Etienne Leroux 'n stilswye van vier jaar. Terselfdertyd is hierdie roman 'n nuwe begin. Leroux se laaste werk was Na'va, waarmee 'n trilogie afgesluit is. Magers-fontein, O Magersfontein! is 'n roman wat in baie opsigte 'n vernuwing bring in die werk van Etienne Leroux. Dit be-vat feitlik niks van die mitologiese ele-mente wat sy vorige romans gekenmerk het nie, en is besonder sterk satiries. 'n Film-en TV-span kom op Magersfontein aan onder leiding van lord Sudden en lord Seldom om 'n film te maak oor die slag van Magersfontein op 11 De-sember 1899. By dié geleentheid het die Skotse generaal Andrew Wauchope sy lewe verloor. Op tipiese wyse slaag Leroux daarin om 'n wye verskeidenheid van uiteen-lopende karakters bymekaar te bring en, hoe vergesog die gegewe ook al, alles tot 'n eenheid saam te bind. Hierdie roman is nie alleen uit suiwer fisieke oogpunt sy langste nie, maar hierin voer hy ook veel meer karakters ten tonele as in enige vorige werk. Nie net die twee lords se filmspan en begeleiers kry lewe voor ons oë nie, maar ook die historiese figure wat verbeeld moet word: Wauchope, De la Rey, Methuen, Cronje. Magersfontein, O Magersfontein! is 'n ryp en veelduidige roman, maar terselfdertyd een wat die leser end-uit sal boei. Hardeband Slytasie aan die stofomslag. Verder baie goeie kondisie
Kondisie: 4