Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Met Magersfontein, O Magersfontein! verbreek Etienne Leroux die stilswye van vier jaar. Terselfdertyd is hierdie roman 'n nuwe begin. 'n Film en TV- span kom op Magersfontein aan onder leiding van lord Sudden en lord Seldom om 'n film te maak oor die slag van Magersfontein op 11 Desember 1899. By die geleentheid het die Skotse generaal Andrew Wauchope sy lewe verloor. Op tipiese wyse slaag leroux daarin om 'n wye verskeidenheid van uiteenlopende karakters bymekaar te bringen, hoe vergesog en gegewe ook al, alles tot 'n eenheid te bind.