Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Maggie My lewe in die kamp - Maggie Jooste - Tafelberg - 2010 - Sagteband soos nuut. R65 paxi of R100 koerier / postnet in SA
Maggie is die merkwaardige verhaal van 'n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.
Margaretha (Maggie) Jooste was net 13 jaar oud toe oorlog uitbreek, en haar lewe onherroeplik verander. Ná maande se huisarres in Heidelberg, Transvaal, is sy, haar ma en jonger broers en susters na 'n konsentrasiekamp in Natal. Daar het hulle honger, onsekerheid en verlies ervaar, maar ook verrassende goedhartigheid van Britse soldate.
Hierdie baie persoonlike vertelling, in haar eie woorde, is 'n verhaal van swaarkry, maar ook van medemenslikheid en vriendskappe oor vyandsgrense. 'n Goue draad is die band tussen die Joostes en die Engelssprekende Russellfamilie wat lank voor die oorlog bure en vriende was. Terwyl die Britse soldate en Boerekommando's oorlog voer, het die Russells in die geheim aan die Joostes kos voorsien om hulle te help oorleef, en hulle ook ná die oorlog ondersteun.
'n Aangrypende en diep ontroerende, maar ook hartverskeurende, ware verhaal.