R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Magnus Malan My lewe met die SA Weermag - Protea Boekhuis - 2006, eerste uitgawe - 518pp, indeks, swart en wit foto's en kaarte - Hardeband met stofomslag in besonder mooi toestand - Intern: soos nuut.
Posgeld en verpakkingvir die luwige boek R45.00
In ‘n onderhoud met Beeld sê Magnus Malan die voete wat hy sal was, “sal die manne van die SA weermag s’n wees”. Buiten om te vertel oor sy betrokkenheid as hoof van die leër, hoof van die weermag en later minister van verdediging, lewer hy ook bondig verslag oor dr. Wouter Basson, pres. Samora Machel, die suksesse van Krygkor en SA se kernwapenvermoë.
Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die liggaamlike opleidingsbrigade kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid-Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militere loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem - na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militere akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leer en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste berokke by Suid-Afrika se inval in Angloa in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980's. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksesse van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoe. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van 'n tydperk volgeprop met staatkundige en militere gebeure; 'n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.