Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek 'n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonuskonfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.