Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pieter Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Dit is beleë Pieterse, gekenmerk deur sy humor asook deur sy diepgang en besinning. Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terriër trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes.