Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Skaars Afrikaanse vertaling van die bekroonde Franse Histoire D'un Petit Homme.
Die meesleurende verhaal van Etienne, 'n Franse seun, wat die pad vat om sy familie te probeer onderhou. Hy ontmoet talle interessante karakters en beleef baie avonture, onder meer as 'n babawagter, 'n slotmaker en 'n werktuigkundige. Ná 'n lelike bedrogspul bevind hy hom in Engeland, waar hy deur 'n gewese vriend van sy pa verwelkom word. Die Afrikaans van die vroeë 1920's is 'n genot vir hedendaagse Afrikaanse lesers. Histoire D'un Petit Homme (Geskiedenis van 'n klein mannetjie) is deur die Franse Akademie as 'n uitsonderlike verhaal bekroon. Met pragtige oorspronklike swart-wit illustrasies.
Eerste Afrikaanse uitgawe in 1925 gepubliseer deur JL van Schaik, Pretoria. Toestand: Goed vir ouderdom. Geskenkinskrywing voorin, ook name van vorige eienaars. Sommige blaaie het bruin merke, maar alle teks is duidelik leesbaar. Vlekke op hardebandomslag.