R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Toestand : Goed. Eerste druk, Hemel en See Boeke, 2019, Sagteband - Sielkunde - 180pp. ISBN 9781928283188. Cas van Rensburg se oeuvre kom op n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daars n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir mas en pas wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan (agterplat). Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis of omdat die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies. Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval. Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die moederkompleks in die manwordproses aangespreek word sodat die stryd met die moeder op n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op n heldereis gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook begin by jou pa en jou pa agterlaat deur hom te leer ken of verstaan. Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels. Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek n indruk maak, in die onbewuste (sal) bly spook met antwoorde wat mettertyd oprys.
We combine postage, so do look at our other items on offer.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.