Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Nuut - Mapochseland en sy Mense deur Grietjie Grove. A5, sagteband, 280 bls., 31 foto’s. Mapochseland is geleë in die omgewing van Roossenekal en Laersdrif, 80 km Noordoos van Middelburg, Transvaal.
Die boek behandel ongeveer 2 eeue se streeksgeskiedenis van die omgewing. Sake wat behandel word is ondermeer die Mapochsoorlog, burgerlike administrasie, die resident vrederegter, veldkornetskappe, verdediging, die bou van paaie, waterprobleme, die skole, die kerke, die posdiens, ekonomiese aktiwiteite, die koms van die eerste motors, volksfeeste, politiek, mampoerstokery en baie meer.