Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die volgende aantekening deur die uitgewer (Tafelberg) het in 1968 by die eerste druk van hierdie boekie verskyn: - 'n Waardevolle vonds! - 'n stuk werk uit die hand van Eugène Marais, oor jare gebêre in die woonhuis van 'n Transvaalse plaas, Witklip, naby Bronkhorstspruit. Hoe dit daar gekom het, is 'n mooi storie. - Witklip, 'n myl of ses buite die dorp, was die plaas van die heer Mike Henn, ryk bedeel met drie seuns en sewe dogters. 'n Goeie vriend van mnr. Henn, mnr. Fanie van Wyk, was prokureur op Bronkhorstspruit. By hom het Eugène Marais 'n ruk lank in die vroeë twintigerjare gewerk. Hy het gou bevriend geraak met Witklip se mense, en byna elke naweek daarheen uitgegaan. 'n Stil man; nie spraaksaam nie. Sy plesier was om in die veld te gaan voëls kyk; altyd het hy dan die tien klein Henntjies saamgeneem en vir hulle baie van die veldgoed geleer en vertel. Een van die dogters, Ann(a), nou mev. Mataai Prinsloo van Ouweswaanskraal in die distrik, onthou veral hoe hulle geprobeer het om die nessie te kry waar 'n koestertjie skielik opvlieg. - Eugène Marais was veral lief vir die dogtertjie Mara, wat in die Rebellie gebore was. Maar dit was vir haar opgeskote suster Anna (gebore 1906) dat hy beloof het om 'n bietjie te help met | |
| |
'n opstel vir een van die wedstryde wat Die Boerevrou indertyd uitgeskryf het vir kinders. Hy het toe die stuk wat hier volg, vir haar geskryf. Al die plekverwysings, soos die Groot Pan en die Klein Pan, is na Witklip. Sy moes dit vir die wedstryd oorskryf, en het dit ook gedoen. Maar moontlik het sy 'n fout gemaak met die adres, want sy het nooit weer iets daaromtrent verneem nie. Gelukkig vir ons vandag, het sy Eugène Marais se oorspronklike stuk gebêre. Die kosbaarheid, nog sorgvuldig aanmekaar gewerk met 'n garedraadjie, het sy later van tyd aan haar dogter Sarie van Jaarsveld gegee. Nou, ná byna vyftig jaar, kom dit tog in druk. |