Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Lyk vir my splintrnuut en ongelaas. >>> Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na 'n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle 'n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk. "Shame," het 'n vrou gese. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy's my boetie." Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag 'n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer 'n plekkie in die lewe te vind, 'n veilige hawe.
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.