Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Izzie, Lucy en TJ staar my aan asof ek 'n sirkusfrats is wat vir hulle 'n toertjie moet uithaal. Ek skud my kop heftig. "Jy sal een of ander tyd jou mond moet oopmaak," se Lucy. "Komaan, vat weg jou hand voor jou mond." Ek skud weer my kop. "Dis awful. Ek lyk soos 'n bliksnyer." Nesta is skoon verslae. Sy het tydelik draadjies in haar tande en is bevrees sy sal al wat 'n seunskind is afskrik en aan die moordhaai in Jaws laat dink. Om te probeer glimlag sonder om haar tande te wys, is ook nie 'n opsie nie. Daar is net een uitweg - om 'n kluisenaar te word. Lucy, Izzie en TJ probeer haar troos dat sy nog net so mooi is soos altyd, dat dit haar sprankelende persoonlikheid is wat tel. Maar Nesta is nie oortuig nie. Dinge verander egter toe sy vir Luke ontmoet. Hy help haar om haar selfvertroue terug te kry en 'n nuwe faset van haar persoonlikheid te ontdek.