Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die stap-vir-stap gids bied ‘n maklike verstaanbare inleiding tot die hele spektrum tegnieke wat vir metaalwerk gebruik word. Gedetailleerde inligting oor gereedskap, materiaal en toerusting vir metaalwerk, saam met foto’s en stap-vir-stap aanwysings, sal jou in staat stel om metaal volgens die gewildste tegnieke en prosesse te sny, te buig en aan mekaar te sweis. | |
Dit sluit in soldeering, brasering, braseersweising, gassweising, boogsweising en MIG-sweising. Die algemeenste afwerktegnieke word ook gedek. Dit sluit in verf en spesiale effekte wat jy sef kan doen, asook spesialisdeklae en -afwerkings soos galvaniseering en poeierdeklae. Of jy nou praktiese items soos diefwering of tuinhekkies wil maak, jou eie metaalmeubels wil vervaardig of bloot bestaande metaalwerk wil herstel, hierdie boek sal jou wys hoe om projekte te beplan en soder moeite uit te voer. Afgesien van menigte goeie idees, is daar meer as 10 items van veskillende moeilikheidsgrade wat jy kan maak deur stap-vir-stap foto-aanwysings te volg. ‘n Lys van materiale vir elke projek word verskaf en noodsaaklike gereedskap en toerusting word gelys. Hierdie projekte is taamlik uiteenlopend; ‘n hele paar is geskik vir algemene amateurs, tewyl ander meer gevorderde vaardighede verg. Jy kan sonder enige moeite aan die eenvoudiger ontwerpe begin werk; dalk deur ‘n nuttige hanger of braaitoerusting te maak, n dan vorder na die drankiehouer of kandelaar. Wanneer jy eers genoeg sefvertroue het, sal jy met gemak diefwering hekke en meubels kan aanpak, waarna jy moeiliker projekte soos kaggels en ingeboude braai-eenhede kan aandurf. |
www.bidorbuy.co.za/seller/366992/Howieriana