Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Annie M.G. Schmidt
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Mejuffrou Minoes was vroeër 'n kat. Daarom spin en krap sy en vryf sy graag haar kop teen mense. Sy hou ook nog steeds van voëltjies. Al is sy nou 'n gewone meisie, sing sy nog af en toe die Miaau-Miaau-lied en praat sy nog uitstekend kattaal.
Dit is baie gerieflik vir Tibbe, haar baas wat vir 'n koerant werk. Deur die Kattenuusdiens hoor hy van baie geheime dinge wat in die stad Katsendal aangaan. Dit veroorsaak allerlei moeilikhede, maar danksy Minoes en haar talle katvriende loop alles goed af.
Minoes is al in verskeie tale vertaal - onder meer Frans, Duits, Engels, Spaans, Katalaans, Italiaans, Noors, Sweeds, Yslands, Grieks, Hebreeus en Japannees. En nou is dit vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar in Daniel Hugo se sprankelende vertaling. Minoes is in 1971 bekroon met die Zilveren Griffel.