Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
133 pages
DIS die eerste deel van 'n serie wat glo uit 'n twaalf dele sal bestaan. Daarin sal opgeneem word 'n keur uit die kortverhale van die verskillende letterkundes. Die Nederlandse en Vlaamse deeltjies verskyn in die oorspronklike tale; al die ander sal in Afrikaans vertaal word. Dis ongetwyfeld 'n kostelike idee, want veral nou dat daar so baie oor kuns en kultuur gepraat en alles in die werk gestel word om ons nasie-bewus te maak, behoort so'n serie ons eie saak uitstekende dienste te bewys. Daardeur sal 'n groot deel van die leserspubliek vertroud raak met die beste uit ander letterkundes, dikwels wêreldletterkundes, en om die eie na behore te waardeer, maar veral om die eie op te bou, mag die buitelandse nooit uit die oog verloor word nie. Dit betaam 'n jong volkie, 'n doelbewus-strewende volkie, om waar nodig sy lampie by groter volke aan te steek. Dis 'n slim volk wat uit die ondervinding van ander volke kan leer. Klaklose en hol navolging mag dit nie word nie. Die hele serie staan onder redaksie van dr. M.L. du Toit en die samesteller van hierdie deel is dr. F.E.J. Malherbe van Stellenbosch. Laasgenoemde het ook gesorg vir die biografiese en ander besonderhede en 'n oorsig oor die kortverhaal met spesiale verwysing naar die behandelde stof. Die boekies is in die eerste plek seker bedoel vir die persoon wat iets goeds wil lees en in kort bestek die kenmerkende eienskappe van verskillende letterkundes, soos dit in die kort-verhaal tot uiting kom, wil aantref. Ook vir die ernstige student sal hierdie boeke van groot waarde wees en dis veral vir hulle wat die kort maar saaklike oorsig van dr. Malherbe bedoel is. Ek kan nie sê dat die Voorwoord van die algemene redakteur my danig getref het nie. Dit behoort tog vir ons nie nodig te wees om so half-en-half verskoning te vra dat die eerste bundeltjie in Nederlande verskyn nie. Miskien is dit veral vir die groot-publiek bedoel. Dr. Malherbe het die stukke uit die Nederlandse letterkunde van na 1880 gekies. Dit spreek vanself dat sy groot moeilikheid beperking was. Holland het in die afgelope halfeeu uitstekende skrywers voortgebring. Dit val ook saam met die opkoms van die kort-verhaal en skets in die Nederlandse letterkunde. Almal sal en kan daarom nie ooral saamstem met die [p. 238] Uittreksel "Die Nuwe Brandwag"- uitgegee 1931 | Over het gehele werk
|