Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Silas Miggel is 'n man van eenvoud en van eer. 'n Boesmens wat sy mooie Mirjam op die oopte van Gouna se platrand grootmaak - eenkant, sodat hy haar kan weghou van mans. Dat hy onwettig woon op kroongrond wat vir immigrante opsygesit is, traak hom min.
Hy is 'n man wat sy eie dink dink en wat sy staan kan staan. Moeilikheid soek hy nie, maar moeilikheid soek hom. Soos die spul rumoerige Italiane wat op 'n dag op die platrand afgelaai word. Sywurmboere uit Italie wat ingevoer is om 'n sybedryf to kom vestig, en dit op 'n stuk aarde waar 'n moerbeiboom verseg om in die potklei te groei.
Hard cover, good condition. Some scribbling on the frontispiece. The dust cover has minor scuffing. 363 pages.