Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie album gee n beeld van die geskiedenis van die Vrystaat aan die hand van die gedenktekens, vanaf die koms van die Voortrekkers tot vandag. In elke dorp, hoe klein ook al, sal ons hulle aantref. Die verskillende veldslae van die Tweede Vryheidsoorlog in die Vrystaat, is in gedenktekens beskryf. Die Simboliese Ossewatrek van 1938 het op elke dorp of plek n monument of gedenkteken agtergelaat. Daarom staan die meeste gedenktekens in verband met die Groot Trek en die Tweede Vryheidsoorlog. Ook die leiersfigure van die Vrystaat is in brons verewig, bv. pres. Jan Brand, pres. Steyn, genl. Hertzog.
Die Vrystaatse geskiedenis is in geboue vasgelê, soos die Eerste en Vierde Raadsaal, die Ou Goewermentsgebou; die kerke van Philippolis, Reddersburg, Senekal, ens. Met behulp van vraelyste aan die stadsrade is gepoog om die album so volledig moontlik saam te stel, maar enkele gedenktekens mag nog ontbreek.
Beperkte uitgawe, nr. 108 van 1000.
1983. Hardeband met stofomslag. 104 bladsye. Netjiese toestand. Rante van omslag verweer.