| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |

Laat een middag in die stil Noord-Kaapse dorpie Griekwastad versprei die nuus soos ’n veldbrand: daar was moord op die Steenkamps se plaas. Deon, Christel en hul blonde tienerdogter Marthella is vermoor. Klein Don is ongeskonde.
Boere vorm kommando’s om na die voortvlugtendes te gaan soek en die dorp is lamgelê van skok.
Maar soos die stof gaan lê, vorm ’n ander prentjie. ’n Jong, wit seun word van die moord verdink. Kort daarna word hy amptelik aangekla. So skeur Griekwastad in twee – sommige inwoners glo dat die seun wel die moorde kon pleeg, ander is oortuig die polisie het ‘n fout gemaak.
Charné Kemp gaan na die binnekamers van die Steenkamp-gesin om die volle omvang bloot te lê van die tragedie wat hy op die plaas Naauwhoek afgespeel het
| By: | Charne Kemp |
| Pages: | 296 |
| Publisher: | Tafelberg Publishers Ltd |
| Isbn: | 0-624-05734-8 |
| Isbn13: | 978-0-624-05734-5 |