Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In Motte en magrietjies is die bekroonde skrywer, Maretha Maartens, op haar beste. Met humor en erns gemeng soos net sy kan stel Maretha die moderne vrou voor 'n keuse: Wil jy die vrolike, lig dansende, geel Magriet wees? Of die vaal Mot, die een wat reguit in die kersvlam invlieg en verskroei en verpoeier? Dan praat Maretha verder, en reguit oor die sake wat elke vrou se hart raak: haar liggaam, haar man en huwelik, haar kinders, haar tyd, stres en gesondheid, en haar God.