Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees. >>> Na die tweeling se geboorte kry kaptein Adriaan Kruger en Karien minder slaap en rus as gewoonlik. Hy word egter nie ‘n blaaskans gegun nie, want in die stil dorpie Overberg ontstaan onverwags nuwe drama. Een van die buitegeboue van die mooi hotel teen die hange van die berg word deur ‘n brand verwoes en die vrou van die eienaar wat in die skuur by haar dragtige hond gewaak het, sterf.... Wat na ‘n roetine-ondersoek gelyk het, lewer skielik meer vrae en teenstrydighede op as wat Adriaan verwag het. Hoe kon die hond betyds uit die skuur vlug maar nie die vrou nie? Hoekom het die ontvangsdame, Sunette, nie van die oorledene gehou nie? Hoekom is mevrou Grusser, een van die hotelgaste, so beskermend teenoor die hoteleienaar? Wat is die verhouding tussen Sunette se vriend, Douglas, en die twee vreemde meisies saam met wie hy bly? En Pol, wat lyk asof almal in Overberg ken, is tergend stom wanneer dit haar pas. * Speurverhaal *
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.