Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees.
In Die Spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier én seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy ’n legende, die “spookvrou”, gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor ... oor haar hart en oor haar lewe.
Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van ’n swierige bal staan hy skielik daar: die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie ...
In ’n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg teë. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen ... maar Simone besluit om haar man terug te wen.
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir jou verdere boeke i.p.v. R 24 – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd