Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dis 'n besonder kleurvolle en visuele reeks, met helder en maklik herkenbare prente, spesiaal ontwerp en aangebied om die leerproses vir beide kind en ouer prettig en plesierig te maak. 'n Energieke aanbieding van die alledaagse leefwereld van die kind waarmee hy maklik sal kan identifiseer. Eenvoudige vrae word deurgaans verskaf sodat die kind aktief by die teks betrokke kan raak. Die boekies stel die kind bekend aan belangrike begrippe soos "groter", "kleiner", "hoeveel", ens. Die gebruik van 'n vetgedrukte, kindervriendelike lettertipe maak vroee woordherkenning en die leerproses vir beide ouers en kinders besonder maklik. Goedgekeur deur kundiges op die gebied van onderrig en leermetodes en voorsien van stap-vir-stap notas aan ouers (op die agterblad) sodat hulle die korrekte metodes en tegnieke kan gebruik om die boekies optimaal te benut terwyl die hele gesin speel-speel leer.