| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Wille Martin
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
My liefste Madeleine deur Wille Martin
Madeleine de Fleurance het in haar jong lewe al baie belewe: die vreugde van 'n liefdevolle gesin, maar ook hartseer oor haar vader se afsterwe, selfverwyt oor haar broer se ongeluk wat hom verlam gelaat het, en die vernedering van skielike armoede.
Dan skiet die markies De Miramont geld voor: hulle kan Frankryk toe reis en daar kan haar broer, Claude, behandeling van die wêreld se beste spesialiste ontvang. Die markies se vrygewigheid is egter nie onvoorwaardelik nie. In ruil vir sy goedhartigheid moet Madeleine met die man van sy keuse trou.
Skielik is daar twee mans in Madeleine se lewe. Sy wat so naïef is, wat so beskermd grootgeword het, moet besluit of sy kans sien om die res van haar lewe deur te bring met 'n uiters aantreklike man wat skynbaar altyd effens aangeklam of dalk van lotjie getik is. Of moet sy swig voor die smeulende Sigeuner wat een nag haar pad kruis wanneer hulle koets deur struikrowers oorval word?
Om die situasie verder te kompliseer, is die bruidegom met wie sy moet trou, baie onwillig om hom in die eq te laat verbind. Wat die beeldskone madame De Clary met sy onwilligheid te doen het, kan Madeleine nie uitpluis nie.
My liefste Madeleine is 'n lekkerleesboek waar agtiende eeuse koetse en hoepelrokke en châteaus op die Franse platteland die agtergrond vir 'n ongewone liefdesverhaal vorm. Wille Martin stel immers nooit haar aanhangers teleur nie!
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.