Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sê Kombuis: Gedurende die laaste vier jaar het ek gereeld essays gelewer vir publikasie in verkillende tydskrifte en op die Litnet Webblad. Ek het die werk vreeslik geniet. Dit was die ideale geleentheid om ontslae te raak van al my frustrasies oor dinge wat pla, maar ook n kans om so af en toe lekker die draak te steek of sommer net te mymer oor allerhande twak. Dit was Etienne van Heerden wat my die idee gegee het om die skrywe in n bundel saam te voeg. En, soos ook met Seks & Drugs & Boeremusiek, het Etienne Bloemhof van Human en Rousseau dinge op koers gehou. Die titel is geïnspireer deur Valiant Swart se liedjie My Mamma is n Stad.