Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op diƩ spogplaas in die Tulbagh-vallei die fabelagtige "Land van Waveren" waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.
Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis 'n lekkerleesrelaas van 'n halwe eeu van lief, lag en leed op 'n besonderse Bolandse plaas.
Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.