Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Myne vir altyd
Sewe jaar lank glo Ryk Barnard hy’s immuun teen vroue. Kom dit by die geslag, hou hy verby, dankie.
Dit pas Karien Nell goed. Die oorbeskerming van vier broers en ‘n pa het haar van manlike aandag gespeen. Hulle wil ‚n vrou net besit, voorskryf, in ‚n glaskas toesluit.
Maar toe Karien haar as assistent op Ryk se wildplaas aanmeld, smelt hy. Kraak sy dop. Is al sy goeie voornemens daarmee heen.
Karien is sag, lieflik, hy wil haar beskerm. Hy wil haar hê. Maar Karien baklei daarteen, met alles in haar, al wil sy hom ook hê. Niemand besit haar nie. Daarom moet sy draf, hardloop, vlieg. Ver weg.
Bladsye: 197 Lekker gemaklike groot font vir die leser