R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid- Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, inn Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer n Afrikaanse storie in Afrikaans en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat n donker lewe gelei het.
Deon se missie om n monster aan die kaak te stel, neem hom van Breytenbach se hoskooljare by die landbouskool op Kroonstad na die beroemde Grey Kollege in Bloemfontein en die globale reus Naspers. Maar sy kruistog gaan soveel verder. Namate hy sistemiese tekortkominge by beroemde sowel as obskure skole ondersoek, onthul hy n kultuur van aandadigheid wat n ernstige gevaar vir Suid-Afrika se kinders inhou.
In die loop van sy ondersoek na mans wat op kinders jag maak, skep Deon n model wat enigiemand kan gebruik om pedofiele in hul midde te identifiseer. In sy eie woorde: Dit is aangenaam om voor te gee dat mans nie kinders verkrag nie, maar as jy eers aanvaar dat dit gebeur, word dit verrassend maklik om die roofdiere uit te ken. Wanneer jy eers n universele patroon met n spesifieke man se profiel vergelyk, kan jy die bedrog raaksien voor dit te laat is.
n Enkele verhaalis n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die ote kyk, en om n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het.
Paperback. Afrikaans. Penguin Random House. 2020. Good Condition.