Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur Cecilia Steyn:
Pho die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se boksdrome nie.
Asof Poh en haar pa se konstante bakleiery daaroor nie al genoeg is nie, het sy nog 'n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net o vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het 'n verskuilde agenda.
Die Ystervuis gaan haar handskoene vir 'n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam 'n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie ...
Word aanbeveel vir ouderdomme 13 jaar en ouer
Sagteband
176 bladsye