R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Twintig jaar lank wag Ester Gelderblom al vir 'n huis. In Oudtshoorn se snerpende winter tree sy en haar vriendin Katjie aan om te sien of hulle name dalk dié keer op die regering se lys van nuwe huiseienaars verskyn. Ester droom van 'n tuiste vir haar dogter Liedjie, wat Sondae klawerbord by die Bless Me Jesus speel, en 'n plek waar haar man Neville weer op sy voete kan kom.
Maar korrupsie beduiwel alles: Vir omkoopgeld manipuleer amptenare die behuisingskema se waglyste. Wanneer Katjie se blyplek afbrand, neem die twee vroue die reg in eie hande en beset hulle twee leë huise. So sit Ester en Katjie 'n reeks gebeure aan die gang wat alles kosbaar in hul lewens sal bedreig.
'n Huis vir Ester is 'n verhaal oor gierigheid en mag en diestryd om geregtigheid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.