n Lelie vir die Lyk
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Dis twintig oor twee. Die kolonel het pas klaar geᅢᆱet en hy knoop sy baadjie met dik, bewende vingers los, trek dit uit en gooi dit oor 'n stoel. Daarna stap hy na die deur, ruk dit oop en stap doelgerig op die staaltafel af waar die meisie steeds vasgemaak lᅢᆰ.
Die twee laksmanne hurk geduldig langs
haar.
Met 'n beweging van sy kop, jaag hy hulle
uit.
Die lig klik aan en 'n comblik lank verblind die helder lig die meisie. Dan kyk sy op, vas in die wrede ogies van die kolonel wat op haar neergluur. Die uitdrukking op sy gesig laat mislikheid in haar opwel, mislikheid wat maar net angs is.
O Steve, dink sy paniekbevange, kom help my, kom red my.
Maar sy weet Steve sal nie kom nie.
En ineens weet sy, sy sal nie ingee nie. Hy kan aan haar doen wat hy wil, hierdie waansinnige man by haar, maar sy sal nie ingee nie. Sy het die wilskrag om stil te bly, tot op die einde.
Sy kyk weer na die tronende figuur oor haar.
Hy buk oor. Hy steek sy hand uit na haar toe en die oomblik as sy die harde, grypende vingers op haar voel, begin sy skreeu. Gil op gil bars oor haar lippe, onwillekeurig, snakkend...
'N LELIE VIR DIE LYK, dis James Hadley Chase, soos net hy dit kan skryf.
Sagteband
BBAF
Condition: Fair