Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Rose Kauffman is 'n gelowige jong meisie wat haar invalide ma versorg en graag in die geheim perd ry saam met haar dierbare vriend Nick, die biskop se volwasse pleegseun wat weier om by die kerk aan te sluit. Intussen werk sy ook af en toe by 'n Engelse wewenaar wat haar verbied om na die boonste verdieping van sy huis te gaan. Wat steek hy daar weg? Haar ouer suster, Hen, wat haar Amish-tradisies agtergelaat het om met 'n wêreldse man te trou, weet maar te goed watter gevaar daar skuil in Rose se vriendskap met Nick. Sy self hunker nou terug na dit wat sy eens so maklik verwerp het 'n wêreld wat haar man verag, maar wat sy weet beter sal wees vir haar dogtertjie. Sal sy weer haar plek tussen haar mense vind en ook haar huwelik kan red? 'N PAD VOL DORINGS, die eerste boek in DIE ROSE-trilogie, bewys dat die lewe in die Lancaster-distrik idillies kan lyk, maar beslis nie sonder dorings is nie ...